![Groot probleme by VS-onderwys se vlagskipskool](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-195-150x150.png)
HTS Louis Botha, die Vrystaatse onderwysdepartement se vlagskipskool, is
besig om ten gronde te gaan, glo weens politieke inmenging en ‘n geknoei tussen die departement en beheerraad as deel van ’n beweerde transformasieproses.
Netwerk24 berig volgens ingeligtes het nie minder nie as 22 van die skool se 64 onderwysers, almal blank, reeds sedert verlede jaar bedank.
Ivan Stevens, die skoolhoof, is ook sedert Vrydag met siekteverlof weens stresverwante oorsake.
Adjunkhoofposte wat nie gevul is nie, onderwysers wat aangerand word en diefstal weens ‘n gebrek aan dissipline is glo van die grootste probleme.
Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê die Vrystaatse onderwysdepartement hanteer die probleme.
Hy wou nie sê of ’n transformasieproses aan die gang is nie.
The post Groot probleme by VS-onderwys se vlagskipskool appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.