Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

[Vrouedag] Emily Hobhouse: aktivis voor haar tyd

$
0
0
Dit is meer as ‘n honderd jaar gelede, in die begin van die twintigste eeu en Menseregte is nog glad nie ‘n modewoord nie. Peinsend voor ’n tafel in Londen in haar geboorteland sit ’n tenger, maar baie dapper vrou. Miskien verbloem haar serene gesigsuitdrukking haar onblusbare veggees vir geregtigheid. Dalk verklap dit niks van die brandende gevoel in haar dat sy geroepe is om’n skreiende onreg te help regstel nie.  Sy was ’n vrou van Engeland wat vandag steeds as een van die grootste heldinne in die Suid-Afrikaanse geskiedenis beskou word—die skryfster en filantroop Emily Hobhouse (1860–1926).

Dikwels lynreg teen die gevoel van haar eie mense, wat gemeen het dat sy met die vyand heul, het sy dit op haarself geneem om die lyding van duisende vroue en kinders in die Anglo-Boereoorlog te verlig.

Want, só het sy vas geglo dat medemenslikheid geen grense ken nie.

Straks is sy nou ook besig om haar herinneringe te orden, dalk net in haar gedagtes, dalk in skriftelike verslae. Maar haas vrou-alleen probeer sy steeds uitwerk hoe sy die grootste en standhoudendste druk op die Britse regering kan toepas.

Die hele wêreld moet immers hoor van die verskiklikhede wat sy ervaar het… van die skandes wat sy die vorige paar maande eerstehands in Suid-Afrika aanskou het terwyl sy daar was.

Almal moet kennis dra van die haglike toestande van die onskuldige slagoffers in die konsentrasiekampe van die Britte.

Van die talle vroue en kinders wat in die Anglo-Boereoorlog in dié kampe saamgebondel is en besig is om by die duisende te sterf.

Van ongeërgde Britse militêre wat verkies om anderpad te kyk en hul hande in onskuld te was oor die slagting.

Van oorlogsmisdaad wat, soos sy nou voel, ten hemel roep.

Emily Hobhouse, die filantroop en verbete kampvegter vir menseregte, was sekerlik self nie daarvan bewus dat sy met haar volgehoue stryd besig was om haarself as ’n heldin in die geskiedenis te vestig nie.

Laat in 1900 ontvang sy besonderhede van hoe vroue en kinders in Suid-Afrika deur die Britse leër behandel word.

Soos sy dit later sou stel:

“Arme vroue wat herwaarts en derwaarts gejaag is, wat beskerming en georganiseerde hulp nodig gehad het. Op daardie oomblik was ek vasbeslote om na Suid-Afrika te gaan om hulle te help.”

In Oktober 1900 stig Emily die Relief Fund for South African Women and Children, en op 27 Desember 1900 kom sy self in Suid-Afrika aan. Sy verlaat die Kaap op 22 Januarie 1901 en bevind haar twee dae later in Bloemfontein.
In die volgende klompie maande besoek sy verskillende konsentrasiekampe in die Vrystaat en Noord-Kaap waar die verskriklike omstandighede haar geweldig skok. Met onvermoeide ywer sal sy nou probeer om die omstandighede van die lydendes daar te verbeter.Rosestad 100.6 Nuus Vrouedag Emily Hobhouse vroue 1

Vir haar is dit eintlik Brittanje se eer wat op die spel is. Sy besluit om na Engeland terug te keer om die stryd voort te sit. Haar vurige veroordeling van die toestande in die kampe bring mee dat die Britse oorlogsregering heftig deur die Liberale opposisie van destyds gekritiseer word weens sy’’barbaarse metodes”.

’n Regeringskomitee onder Millicent Fawcett staaf die meeste van haar klagtes ná ’n ongelukkige vertraging van maande, maar “that miss Hobhouse” word verguis weens haar medelye met onderdane van die vyand.

Emily word verbied om voortaan enige van die konsentrasiekampe te besoek.

“Ons dank ook die Here vir ‘n vrou en Agent van Vrede soos Emily Hobhouse, wat moontlik die kontinent se eerste vroueregteaktivis was.”

Toe sy dus op 27 Oktober 1901 weer in Kaapstad aankom, word sy kragtens krygswet summier na Engeland teruggestuur.

Terwyl haar gesondheid nie meer na wens is nie, keer sy terug na Europa om in die berge van Savoje in Suidoos-Frankryk te gaan herstel. Dit is daar waar sy die nuus ontvang dat die Boereleiers die Vrede van Vereeniging onderteken het.


Emily Hobhouse sou met opheffingswerk ná die oorlog ’n leidende rol speel om platgeslane gesinne in Suid-Afrika uit die as op te help.

Sy het wyd in ons land gereis en onder meer met ’n skema van tuisnywerhede vir jong meisies begin.

Vandag, met Internasionale Vrouedag, waar ons die vryhede van vrouens herdenk, dink ons ook aan die vroue wat die seer van oorlog eerstehands ervaar het. Ons onthou konsentrasiekampe waar vrou-wees niks beteken het nie. Ons dank ook die Here vir ‘n vrou en Agent van Vrede soos Emily Hobhouse, wat moontlik die kontinent se eerste vroueregteaktivis was.

[Bronne: Wikipedia, Mieliestronk]

The post [Vrouedag] Emily Hobhouse: aktivis voor haar tyd appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!