Die Bloemfonteinse wapenhandelaar Peter Frederiksen het nog net tot
Maandag om finaal oor sy regsverteenwoordiging in die Vrystaatse hooggeregshof te besluit.
Netwerk24 berig Frederiksen, oorspronklik van Denemarke, moet besluit of hy gaan aansoek doen om van die dienste van SA Regshulp gebruik te maak en of hy verder met sy prokureur in Johannesburg gaan praat.
Die Deen is egter besig om die hof se geduld te beproef en waarnemende regterpresident Cagney Musi het hom gister aangesê om Maandag sy finale besluit te gee.
Frederiksen het in September 2015 groot opslae gemaak toe die polisie vroulike geslagsdele in die vrieskas in sy meenthuis in Langenhovenpark gevind het.
Hy word ook aangekla van sameswering om sy vrou te vermoor.
The post Deen moet besluit maak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.