![Misdade met meisie: Onderwyseres kry borgtog](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-46-150x150.jpg)
Die laerskoolonderwyseres van Upington wat sedert Vrydag in aanhouding
was weens ernstige aantygings van wandade met ’n minderjarige meisie is gister op borgtog van R2 000 vrygelaat.
Netwerk24 berig die staat het borgtog teengestaan omdat hy gemeen het die beskuldigde sal met staatsgetuies inmeng.
Die vrou is wel borgtog toegestaan tot sy weer op 10 Mei in die hof moet verskyn.
Die staat het in sy teenkanting van die aansoek die aard van die aantygings teen die beskuldigde voorgelê.
Die minderjarige meisie is glo met skeermeslemmetjies gesny, geklap en met verskeie voorwerpe verkrag.
The post Misdade met meisie: Onderwyseres kry borgtog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.