Verskeie bronne het bevestig altesaam R45 miljoen is gisteraand op die
O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park geroof.
Netwerk24 berig ‘n vliegtuig het glo pas van die buiteland met die geld aangekom toe die rooftog op die aanloopbaan plaasgevind het.
Die Lughawensmaatskappy het kort ná middernag ‘n verklaring uitgereik waarin hulle gesê het die gewapende rooftog het skuis voor 8-uur plaasgevind, maar wou nie bevestig wat geroof is nie.
Die Valke se woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, wou niks meer rep as om te bevestig dat ‘n rooftog plaasgevind het nie.
The post Miljoene rande op lughawe geroof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.