Inwoners van Bloemfontein word daaraan herinner om genoeg water op te gaar vir Woensdag, 31 Augustus en Donderdag, 1 September.
Dit sluit die Leeukop-Brandkop-pyplyn, wat water aan groot dele van Bloemfontein voorsien, in.
Die Mangaung Metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê die wateronderbreking sal waarskynlik alle inwoners, ondernemings, skole en verbruikers in die gebiede raak.
Hy versoek alle Bloemfonteiners om die nodige reëlings vir genoegsame watervoorraad gedurende die tyd te tref.
Watertenkwaens sal ook in buurte water voorsien.
The post WATERONDERBREKING IN BFN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.