![Veeartse van Thailand opereer op seeskilpad](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-179-150x150.png)
Veeartse van Thailand het ‘n seeskilpad met die naam Omsin geopereer om
meer as 900 muntstukke te verwyder wat sy ingesluk het nadat dit vir goeie geluk in haar hok gegooi is.
Die skilpad, wat by ‘n bewaringsentrum oos van Bangkok aangehou word, het die bynaam van Omsin, oftewel spaarvarkie, gekry omdat sy bereid is om enige los munte te verorber.
Die muntstukke wat uit die skilpad verwyder is, het meer as vyf kilogram geweeg en dit moeilik gemaak vir haar om te kan swem.
![Veeartse van Thailand opereer op seeskilpad](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-180-300x206.png)
Foto: The Sun
The post Veeartse van Thailand opereer op seeskilpad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.