![Dis hoekom die DA, VF Plus uit gestap het](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Mangaung-9-150x150.jpg)
Nie minder nie as R654 miljoen se ongemagtigde uitgawes in die
2016/2017 aansuiweringsbegroting van die Mangaung-metro is glo van die redes waarom stadsraadslede van die DA en VF Plus Vrydag uit ‘n spesiale
stadsraadsvergadering gestap het.
Netwerk24 berig volgens die DA en VF Plus was die vergadering ongeldig omdat daar ‘n gebrek aan insae in die
aansuiweringsbegroting was wat goedgekeur moes word.
Die vergadering is glo ook nie behoorlik adverteer nie.
Die DA het ook ‘n probleem met die feit dat die metro geen munisipale bestuurder het nie omdat die waarnemende bestuurder, adv. Tankiso Mea, se kontrak op 28 Februarie verstryk het.
Tog het die speaker Mea toegelaat om langs hom in die vergadering stelling in te neem.
Die vergadering is vir vandag herskeduleer.
The post Dis hoekom die DA, VF Plus uit gestap het appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.