![Ma laat dogter (11) verkrag word: Verhoor in Augustus](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-174-150x150.png)
Die ma van Bloemspruit en haar man wat aangekla word van verkragting van
hul 11-jarige dogter, gedwonge blootstelling van hul dogter en jonger seun aan
seksuele dade, kinderverwaarlosing en aanranding op hul kinders, is verhoorbaar en toerekeningsvatbaar.
Netwerk24 berig hul verhoor begin vroeg in Augustus vanjaar in die Vrystaatse hooggeregshof nadat hulle vir waarneming vir 30 dae na die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein verwys is.
Die aanklagte teen hulle strek van 2012 tot 2015.
Die staat beweer ook dat die ma sataniese rituele gehou het terwyl hul pa gemaak het asof hy ’n demoon is.
Die kinders is glo ook gedwing om dagga en ander dwelms te gebruik.
The post Ma laat dogter (11) verkrag word: Verhoor in Augustus appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.