Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, UV, prof. Jonathan Jansen, sê hy is verkeerdelik aangehaal nadat omstrede uitsprake deur hom op ‘n senaatsvergadering in Bloemfontein uitgelek het.
Netwerk24 berig Jansen het glo op die vergadering gesê iets skort met Afrikaner-mans, terwyl die vraestel-voorval glo ook bewys dat wit studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word.
Jansen en Lacea Loader, direkteur van kommunikasie en handelsmerkbestuur van die UV, het by navraag gesê die vergadering wat Dinsdag gehou is, was vertroulik en kan hulle daarom nie daaroor kommentaar lewer nie.
Jansen het wel later gesê hy is buite konteks aangehaal.
The post “EK IS VERKEERDELIK AANGEHAAL” – JANSEN appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.