Die Zimbabwiese polisie het gister opposisie jeugdiges in die hoofstad Harare wat teen polisie brutaliteit betoog het, met traanrook, waterkanonne en knuppels uiteengejaag.
Meer as 200 jeugdiges van die Movement for Democratic Change het die strate ingevaar twee dae voor die beplande betoging deur opposisiepartye om pres. Robert Mugabe te probeer dwing om verkiesinghervormings voor die verkiesing in 2018 te implementeer.
Die jeugdiges wat verjaag is, het beplan om ‘n griefskrif by die ministerie van binnelandse sake, wat in beheer van die Zimbabwiese polisie is, in te dien.
The post GEWELD BREEK UIT TYDENS BETOGING IN ZIMBABWE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.