![2 in hof vir besit van Mandrax-tablette](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-97-150x150.png)
Twee mense sal na verwagting vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat hulle Vrydag in die vroeë oggendure op die N1 sowat 30 kilometer van die stad in hegtenis geneem toe Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van meer as ‘n R100 000 in hul motor gevind is.
Die polisie se kaptein Chaka Marope sê lede van die polisie en die Valke het op ‘n wenk gereageer dat twee mans met dwelms van Johannesbrg na Bloemfontein op pad is.
Die 2000 Mandrax-tablette was glo vir handelaars in Bloemfontein bestem.
The post 2 in hof vir besit van Mandrax-tablette appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.