![Oud-regter Essa Moosa op 81 oorlede](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-93-150x150.png)
President Jacob Zuma het sy meegevoel betuig met die familie van oud-regter
Essa Moosa wat gisteroggend by sy huis in Rondebosch, Kaapstad, op die
ouderdom van 81 jaar oorlede is.
Hy sê Moosa – wat in 2011 as regter van die Wes-Kaapse Hooggeregshof afgetree het – was een van die gesoute menseregte-aktiviste en sy dood is ‘n groot verlies vir Suid-Afrika.
Moosa, wat as prokureur in menseregte gespesialiseer het, was ’n stigterslid van die Vereniging van Demokratiese Regsverteenwoordigers, en was ook destyds ’n lid van die ANC se konstitusionele komitee tydens die onderhandelings vir ’n demokratiese Suid-Afrika.
The post Oud-regter Essa Moosa op 81 oorlede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.