![100kg tik by O.R. Tambo gevind](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-94-150x150.png)
Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Vrydag met
behulp van hul snuffelhonde 100 kg kristal-metam-fetamien (tik) by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe by Kemptonpark onderskep.
Die SAID sê in ‘n verklaring die dwelms se straatwaarde word op sowat R30 miljoen gereken.
Die tik was versteek in ’n vrag gedroogde vis en in meer as 30 blikke olie.
Dit was afkomstig van Kameroen via Istanboel in Turkye.
The post 100kg tik by O.R. Tambo gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.