![Bejaarde boer op sy kleinhoewe vermoor](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/7j1xdd7-20-150x150.png)
![Bejaarde boer op sy kleinhoewe vermoor](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-91.png)
Piet Jacobs. Foto: Netwerk24
’n Bejaarde boer van Hartswater, die 79-jarige Piet Jacobs, is Saterdag op sy
kleinhoewe vermoor.
Volgens ‘n veiligheidsverteenwoordiger van die Vaalharts-landbou-unie, Frederik van Zyl, het Jacobs se seun op sy pa se liggaam afgekom.
Hy was vasgebind en het steekwonde oor sy lyf gehad waar hy in sy kamer op sy bed aangetref is.
Netwerk24 berig die aanvallers het die diefwering voor ’n venster te breek en daardeur geklim.
Polisiewoordvoerder, Kol. Hendrik Swart, het gesê die presiese oorsaak van Jacobs se dood sal in ’n nadoodse ondersoek vasgestel word.
The post Bejaarde boer op sy kleinhoewe vermoor appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.