![Rosestad 100.6 Nuus Skade by munisipale gebou - werkers ontevrede oor oortyd](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Rosestad-100.6-Nuus-Skade-by-munisipale-gebou-werkers-ontevrede-oor-oortyd-150x150.jpg)
Ontevrede vullisverwyderingspersoneel van die Mangaung Metro-munisipaliteit het vanoggend glo chaos by die Braam Fischer-gebou in Bloemfontein veroorsaak.
Rosestad Nuus het verneem dat die werkers glo krane in die badkaners naby die gebou se atrium en brandkrane in die gebou oopgedraai het en vloere oorstroom het.
Vullissake is ook in die gebou gebreek en uitgegooi .
Die reuse sokkerbal wat in die gebou staan, is glo ook gebreek.
Die werkers is glo ontevrede omdat hulle oortyd nie betaal is nie.
Die woordvoerder vir die Mangaung Metro Munisipaliteit, Qondile Khedama, was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
The post Skade by Braam Fischer – werkers ontevrede oor oortyd appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.