Die voormalige Protea-krieketkaptein, Kepler Wessels, slaan vure dood oor ‘n
onderhoud met ‘n oorsese koerant waarin hy glo gesê het hy was in 1994
agterdogtig oor Hansie Cronjé se betrokkenheid by wedstrydknoeiery.
Netwerk24 berig Wessels het volgens die Melbourne-dagblad The Herald Sun in ’n onderhoud op die Australiese TV-program Cricket Legends die openbaring gemaak.
Wessels het glo gesê hy het onraad vermoed in die eendagreeks tussen Suid-Afrika, Australië en Pakistan in 1994.
Volgens Wessels het Cronjé glo in ’ n kringetjie op die veld — met Pakistan wat wankel op 120/4 — gesê Suid-Afrika gaan wen, want Pakistan gaan nie probeer om te wen nie.
Wessels het volgens The Herald Sun gesê dié stelling was vir hom vreemd, maar dit aan Volksblad afgemaak as die oorsese pers wat sensasie soek.
Cronjé se pa, Ewie, wou niks oor die uitlatings sê nie.
The post Wessels praat oor Hansie in oorsese koerant appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.