Die polisie het `n joernalis van die Mail & Guardian, Philip de Wet, ondervra oor die uitlek van die voorlopige Absa-verslag nadat die Openbare Beskermer ‘n klag ingedien het.
Volgens die koerant het die beamptes De Wet vir `n verslag gevra, maar hy het geweier om enige vrae te beantwoord voordat hy nie met `n regsverteenwoordiger gepraat het nie.
Die hoofredakteur, Khadija Patel, sê die beskerming van hul bronne is uiters belangrik.
Die koerant het verlede maand berig dat die voorlopige verslag van die Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, aanbeveel dat Absa `n boete van bykans R2 miljard betaal vir `n reddingsboei tydens die apartheidsjare.
The post Joernalis ondervra oor uitlek van Absa-verslag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.