Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, sê die aanstelling van Brian Molefe as parlementslid wys dat die faksie van president Jacob Zuma alles in sy vermoë sal doen — selfs ten koste van die land — om lojaliste van die president in hoë poste aan te stel.
Hy sê in ‘n verklaring dit is duidelik dat daar is ʼn verskuilde agenda agter die skuif is.
Groenewald sê aanstellings soos dié wys opnuut dat president Zuma doen wat die beste vir homself is, en nie wat in die beste belang van die land is nie.
The post “Molefe as parlementslid wys lojaliste van Zuma kry hoë poste” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.