Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Nigerië: Betogers eis dat SA burgers moet land verlaat

$
0
0
Nigerië: Betogers eis dat SA burgers moet land verlaat

Betogers in Nigerië het gister geëis dat Suid-Afrikaanse burgers en besighede die land moet verlaat.

Die hoofkantoor van MTN in die hoofstad, Abuja, is vroeër gevandaliseer uit weerwraak vir geweld teen Nigeriërs in Gauteng.

‘n Nasionale studente-organisasie het gewaarsku dat nog aanvalle gaan volg indien die Suid-Afrikaners nie binne 48 uur uit die land padgee nie.

Die Nigeriese regering het ook die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Abuja ontbied om die voortslepende xenofobiese geweld in Suid-Afrika te verduidelik.

Zambië en Pakistan het ook hul burgers wat in Suid-Afrika woon, gewaarsku om op hul hoede te wees.

Die Tshwane-metropolisie in Pretoria het intussen toestemming gegee dat ’n betoging teen immigrante vandag in die Pretoriase middestad gehou word.

Een van die organiseerders, Makgoka Lekganyane, sê dit gaan nie ‘n gewelddadige betoging wees nie en diegene wat wil plunder of mense wil aanval, is nie welkom nie.

Die Mamelodi Concerned Citizens, wat die betoging gereël het, vra in ‘n pamflet waarom die regering asielsoekers aanvaar, terwyl daar groot werkloosheid in die land is.

The post Nigerië: Betogers eis dat SA burgers moet land verlaat appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!