![4 werkers verdrink in vloedwater](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-54-150x150.png)
Vier werknemers van ‘n plaas, sowat 80 kilometer van die Augrabies-waterval, het verdrink toe hul ná swaar reën deur vloedwater van die Oranjerivier meegesleur is.
‘n Polisiewoordvoerder, kaptein Olebogeng Tawana, sê die polisie se soek-en-reddingseenheid het reeds drie liggame uit die rivier gehaal en een werker word nog vermis.
Die werkers het glo in ‘n huis sowat ‘n honderd meter vanaf ‘n droë rivierloop geskuil toe dit vermoedelik ná ‘n wolkbreuk deur ‘n wal water van sowat twee meter meegesleur is.
The post 4 werkers verdrink in vloedwater appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.