![Vaaldam se watervlak styg](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-53-150x150.png)
Ná die goeie reën die afgelope paar dae, was die Vaaldam gistermiddag reeds
75,3% vol nadat dit binne ‘n paar uur met sowat 4% gestyg het.
Volgens die hoofdirekteur van infrastruktuur by die departement van Waterwese, Leonardo Manus, het water vanuit die Vaal- en Wilgeriviere teen 2000 kubieke meter per sekonde in die dam ingeloop.
Intussen is drie sluise van die Grootdraaidam by Standerton, wat gisteroggend meer as ‘n 100% vol was, ook oopgedraai en behoort dié water die Vaaldam teen vandag te bereik.
The post Vaaldam se watervlak styg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.