![Nog oorstromings en 'n hittegolf word voorspel](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-55-150x150.png)
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gisteraand gewaarsku dat wydverspreide reën vandag tot nog oorstromings plek-plek in Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en die oostelike dele van Noordwes kan lei.
‘n Hittegolf is vir die grootste deel van die Wes-Kaap voorspel met ‘n maksimum-temperatuur van tot 38 grade in Worcester.
In die Vrystaat en Noord-Kaap word matige temperature voorspel met ‘n maksimum-temperatuur van 26 grade vir Bloemfontein en Kimberley en 31 grade vir Upington.
Net enkele buie en donderbuie word vir die twee provinsies voorspel.
The post Nog oorstromings en ‘n hittegolf word voorspel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.