Die vinnige ontwikkeling van die inligtingstegnologie oor die afgelope aantal jare het spesifieke behoeftes geskep vir kort en kernagtige inligting en jongste nuusgebeure. Die landbou en sy aanverwante bedrywe vanaf die verskaffers van landbou-insette en die produsente van voedsel en basiese grondstowwe vir vervaardigers tot by die eindverbruikers verlang tydige en akkurate inligting en kundigheid op ‘n deurlopende basis oor die hele voedselketting en die algemene ekonomiese omstandighede in die land.
‘n Landbou-applikasie “Agri News Net” is so pas in Pretoria bekend gestel as ‘n uitbreiding van die reeds suksesvolle gevestigde “Agri Africa” webblad” (www.farmingportal.co.za) in ‘n poging om die mees aktuele inligtingsbehoeftes van die hele voedselketting te bevredig.
Die platform is spesifiek gemik op Afrikaanse en Engelse sprekers binne en buite die landbou wat hierdie kernagtige inligting op ‘n daaglikse basis kan bekom om hulle doelwitte te beplan en hul ondernemings beter te bestuur. Daar sal in die nabye toekoms ook ander Afrika tale by gevoeg word.
Mnr Johann Pretorius van die CRA Group, wat die landbouwebblad en die landbou-applikasie ontwikkel het sal persoonlik by die bestuur en instandhouding van die baie gebruikers-vriendelike applikasie betrokke wees. Hy het ook die bekende landbou-ekonoom, mnr Fanie Brink, by die proses betrek om lesers die geleentheid te bied om binne oomblikke op die hoogte van die jongste landbounuus in Afrika en internasionale landbouverwikkelings te kom met kort hoogtepunte wat die kern van die saak sal uitlig.
Agri News Net is die eerste landbou-applikasie van sy soort in Suid-Afrika wat van die Android en iOS tegnologie gebruik gemaak het om ’n multiplatform-applikasie te ontwikkel wat vinnig is en ’n uitstekende gebruikers-vriendelike ervaring bied. Agri News Net is ‘n mobiele platvorm wat gratis by die iTunes- en die Google Play-app-winkels afgelaai kan word.
VERKLARING
Luister potgooi-onderhoud
The post NUWE LANDBOU-TOEP EERSTE VAN SY SOORT IN SA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.