![Klagte van seksuele teistering teen voormalige afrigter](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-41-150x150.jpg)
‘n Voormalige afrigter van ‘n bekende Johannesburgse hoërskool staar klagte
van seksuele teistering in die gesig.
Die voorval het na bewering verlede jaar by die skool plaasgevind.
Die afrigter het bedank nadat hy op kamera betrap is terwyl hy glo leerders betas.
‘n Interne ondersoek het gelei tot nog leerders wat na vore gekom het.
Die afrigter sal volgende maand in die hof verskyn.
‘n Woordvoerder van die onderwysdepartement, Nanagolo Loepeng sê die leerders ontvang sielkundige berading.
The post Klagte van seksuele teistering teen voormalige afrigter appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.