![O'Sullivan se assistent ook in hof](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-221-150x150.png)
Die prokureur, Sarah-Jane Trent, wat ook die assistent is van die private ondersoeker, Paul O’Sullivan, het vanoggend in die Pretoria-landdroshof verskyn op ’n aanklag dat sy die Wet op die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat oortree het.
Die saak is verdaag vir verdere ondersoek en sy moet weer op 19 Mei in die hof verskyn.
Trent, wat Vrydag gearresteer is, is Sondagaand ná ’n dringende hofaansoek op borgtog van R5000 vrygelaat.
Sy is onder meer aangekla van bedrog en die oortreding van die Opod-wet.
The post O’Sullivan se assistent ook in hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.