Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Partye kan reageer op chaos van staatsrede

$
0
0
Partye kan reageer op chaos van staatsrede

Politieke partye in die parlement kry vandag die geleentheid om te reageer op president Jacob Zuma se staatsrede verelde week.

Die debat volg na die chaos wat in die staatsrede en gesamentlike vergadering van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies uitgebreek het en LP’s van die EFF met geweld uit die raadsaal verwyder is.

Die DA en ander politieke partye het ook uit die vergadering gestap nadat orde nie gehandhaaf kon word nie.

Dit is nie seker of die betrokke EFF LP’s wel die debat sal bywoon nie, aangesien reëls van die nasionale vergadering parlementslede, wat met mag uit ‘n sitting verwyder is, vir vyf dae nie aan parlementêre aksies mag deelneem nie.

Na verwagting sal politieke partye die geleentheid gebruik om kritiek te lewer op verlede week se geweld en die inhoud van Zuma se staatsrede.

Die debat begin om twee-uur.

The post Partye kan reageer op chaos van staatsrede appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!