![Miljoen vir blomme in sukkelende munisipaliteit](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-219-150x150.png)
Die DA wil weet hoe die Manstopa Munisipaliteit in Ladybrand R 1,2 miljoen se blomme kan beskostig as dit Eskom R98 miljoen skuld.
Die DA raadslid in Mantsopa, Tania Halse, sê in ‘n verklaring sy vind dit ondenkbaar dat die munsipaliteit soveel vir blomme kan spandeer terwyl dienste in die munisipaliteit soos paaie en waterinsfrastruktuur dringende aandag nodig het.
Sy sê die item op verlede jaar se begroting waar die uitgawe van die blomme aangeteken is, is vreemd aangesien die munisipaliteit se blomme en bome deur die departement van omgewingsake bestuur word.
“Openbare fondse moet aangewend word om werk te skep en vaardighede aan mense te leer – nie om vir blomme-ranskikkings te betaal nie,” sê Halse
Halse het Manstopa se munisipale rekeningekomitee versoek om aan te dui wat die doel van die duur blomme was.
The post Miljoen vir blomme in sukkelende munisipaliteit appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.