![10 Verdagtes verskyn in hof na Heidedal-moord](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Crime_Scene-19-150x150.jpg)
Die tien verdagtes in die moord van drie jong mans wie se liggame vroeër vandeesmaand by ‘n winkelsentrum in Heidedal buite Bloemfontein gevind is, sal weer Maandag in die hof verskyn om aansoek vir borgtog te doen.
Die tien mans het Maandag vlugtig in die Bloemfonteinse Streekhof verskyn op aanklag van moord.
Hulle is in hegtenis geneem tydens ‘n polisieondersoek nadat die jong mans, tussen 16- en 21-jaar oud, met veelvuldige steekwonde gevind is.
Die verdagtes is: Pugisho Paul Nathane (21), Zwehlungile Ntlathi (19), Ditaba Petrus Mafahle (20), Lebohang George Teele (24), Mosa Ernest Makara (23), James Teboho Mokoae (23), Mojalefa Karel Shangane (29), Kabelo Simon Senoge (25), Bongani Gift Pitso (19) and Zamile Tyuntyuthwa (28).
Hulle sal tot hulle borgaansoek in aanhouding bly.
The post 10 Verdagtes verskyn in hof na Heidedal-moord appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.