![Twaalf ton onwettige perlemoen in skeepshouer gevind](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Perlemoen-2-150x150.jpg)
Amptenare van die departement van Visserye het Vrydag onwettige perlemoen
ter waarde van R30 miljoen in ‘n skeepshouer in die Kaapstadse hawe ontdek.
Die besending was reeds geklaar vir uitvoer na Asië.
Die departement sê in ‘n verklaring meer as twaalf ton perlemoen is met die hulp van die Suid-Afrikaanse polisie gekonfiskeer.
‘n Woordvoerder, Palesa Mokomele, sê die perlemoen, wat onwettig geoes is, is baie klein en sal waarskynlik weggegooi word.
The post Twaalf ton onwettige perlemoen in skeepshouer gevind appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.