‘n Hof in Pakistan het openbare Valentynsdagvieringe in die hoofstad,
Islamabad, verbied omdat dit nie deel van die Moslem-kultuur is nie.
Die hoë hof in die stad het ook gelas dat die media nie Valentyndaggebeure mag adverteer of dekking daaraan mag gee nie.
Die hofbeslissing volg op ‘n private petisie waarin aangevoer is dat Valentynsdag strydig met Moslemleringe is, en immoraliteit, naaktheid en onwelvoeglikheid onder die dekmantel van liefde promoveer.
The post Moslems sê nee vir Valentynsdagvieringe appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.