![Vrystaat kan nog goeie reën verwag](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-211-150x150.png)
Die Vrystaat en Noord-Kaap kan nog goeie reën vandeesweek te wagte wees
na afloop van die goeie neerslae die afgelope ruk.
Netwerk24 berig Elani Claassen, ’n weervoorspeller in die Bloemfonteinse weerkantoor, het gesê van vandag tot die naweek bestaan ’n kans van tussen 30% en 60% op reën- en donderbuie in sommige dele van die Vrystaat en die Noord-Kaap.
Dit volg nadat Bloemfontein en ander dele van die Vrystaat gister gejuig het oor die reën wat in die provinsie uitgesak het.
In sommige dele van Bloemfontein het dit tot 50 mm in minder as twee uur gereën, met Lucas Steynstraat in Heuwelsig, Du Plessis-weg in Langenhovenpark en verskeie ander strate in die stad wat oorstroom is.
Teen Sondag is daar nog ‘n 30% kans op reën.
The post Vrystaat kan nog goeie reën verwag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.