![Man in hof nadat hy vermeende inbreker doodskiet](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Burglar-5-150x150.jpg)
’n Huiseienaar van Kuruman het gister op ’n aanklag van moord in die
plaaslike landdroshof op die dorp verskyn nadat hy ’n vermeende inbreker
doodgeskiet het.
Netwerk24 berig die 57-jarige Schalk Scholtz is op borgtog van R1000 vrygelaat en moet weer op 13 Maart in die hof verskyn.
Kapt. Bashoabile Kale, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring Scholtz het twee mans by sy agterdeur betrap wat na bewering die deur wou oopbreek.
Hulle wou hom glo met ‘n koevoet aanval, waarna hy ‘n skoot afgevuur en een van die mans getref het.
Hy is op die toneel dood.
Scholtz is op ’n klag van moord in hegtenis geneem en het later die dag in die hof in die dorp verskyn.
The post Man in hof nadat hy vermeende inbreker doodskiet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.