Die musiekblyspel, La La Land, het vyf toekennings ingepalm by die 70ste
Bafta-toekenningseremonie in die Royal Albert Hall in Londen.
Dit het die toekenning vir die beste rolprent ingesluit, asook vir die beste aktrise wat aan Emma Stone gegaan het.
Casey Affleck het die toekenning ontvang vir die beste akteur vir sy rol in Manchester by the Sea.
Die Britse rolprent, I, Daniel Blake, het ook verskeie toekennings ontvang.
The post La La Land kry 5 toekennings by Bafta-seremonie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.