![Trump gaan nuwe maatreëls oor immigrasie bekend maak](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-207-150x150.png)
Die Amerikaanse president, Donald Trump, gaan moontlik nuwe maatreëls oor immigrasie bekend maak nadat sy verbod op immigrasie deur ‘n federale appèlhof verbied is, hangende verdere regshersiening.
Trump se senior adviseur, Stephan Miller sê hulle oorweeg bykomende optrede om te verseker dat immigrasie nie gebruik word om mense in Amerika toe te laat wat die land en sy mense wil skade berokken nie.
Hoewel die Withuis moontlik ‘n dringende appèl teen die hofbeslissing bring en die meriete daarvan betwis, sal ‘n nuwe uitvoerende opdrag moontlik uitgereik word.
The post Trump gaan nuwe maatreëls oor immigrasie bekend maak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.