![Dam in Kalifornië kan enige oomblik meegee](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-206-150x150.png)
Minstens 130 000 mense in die noorde van Kalifornië is aangesê om hul huise te verlaat weens die gevaar dat ‘n 230-meter-hoë nood-oorloopdam van die grootste opgaardam in Amerika, die Oroville-dam, enige oomblik kan meegee.
Dit volg ná swaar reën en sneeu ná jare se ernstige droogte.
Die staat se departement van waterwese moes vroeër tot meer as 2 800 kubieke meter water per sekonde uit die dam loslaat.
The post Dam in Kalifornië kan enige oomblik meegee appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.