‘n Tropiese sikloon sal Mosambiek na verwagting vandag tref en die noordoostelike dele van Suid-Afrika – veral die noordooste van KwaZulu-Natal kan deur die storm geraak word.
Volgens NASA se orkaan-webwerf kan die tropiese laagdrukstelsel in die Mosambiek-kanaal binne die volgende 24 uur orkaansterkte bereik.
Geen waarskuwings is egter deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens uitgereik nie.
The post Tropiese sikloon gaan Mosambiek tref appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.