![Bom van Tweede Wêreldoorlog in Griekse stad ontdek](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-200-150x150.png)
‘n Bom wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer, is in die Griekse stad,
Tessalonika, onskadelik gestel nadat sowat 70 000 mense uit die omgewing ontruim is.
Die owerhede sê die 250-kilogram-bom is tydens uitgrawings ontdek.
Volgens ‘n woordvoerder van die Griekse leër was die bom erg verroes, maar die ontstekingsmeganisme was in ‘n verrassend goeie toestand.
Volgens die Griekse media is die bom van Amerikaanse oorsprong.
Onder die mense wat uit die gebied ontruim is, was 450 vlugtelinge.
The post Bom van Tweede Wêreldoorlog in Griekse stad ontdek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.