![Valke-hoof beskuldig O'Sullivan dat hy probeer SA destabiliseer](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-199-150x150.png)
Die hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, het die forensiese ondersoeker,
Paul O’Sullivan, daarvan beskuldig dat hy met behulp van mense in die regering en die nuusmedia Suid-Afrika probeer destabiliseer.
Dit volg op ‘n beweerde klopjag op O’Sullivan se huis in Sandton, noord van Johannesburg, die naweek.
In ‘n verklaring sê Ntlemeza niks sal O’Sullivan stuit om die integriteit van die regstelsel aan te tas nie.
Hy beweer dat O’Sullivan se verslag vol ongegronde bewerings is wat bedoel is om die land se stabiliteit in gevaar stel.
Die verslag bevat gebeure wat volgens O’Sullivan daarop dui dat die kriminele regstelsel gekaap is deur mense wat probeer keer dat president Jacob Zuma van korrupsie aangekla word.
The post Valke-hoof beskuldig O’Sullivan dat hy probeer SA destabiliseer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.