![Pirates-ondersteuners verwoes Loftus tydens wedstryd](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-198-150x150.png)
Die Blou Bulle-maatskappy sal vandag ‘n skade-bepaling doen by Loftus
Versfeld in Pretoria nadat woedende ondersteuners van Orlando Pirates die
afgelope naweek op die veld gestorm en chaos veroorsaak het nadat hul span 6-0 agter was teen Mamelodi Sundowns.
Netwerk24 berig volgens Hugo Kemp, bedryfsbestuurder van die Blou Bulle-maatskappy (BBM), is die skade nie astronomies nie en is slegs ’n paar stoele, advertensieborde en televisie-kabels in die chaos beskadig.
Die veld self is nie beskadig nie.
Ontstoke Pirates-ondersteuners het Saterdagaand op die veld gestorm toe Sundowns ses doele teen hul span aangeteken het.
Die wedstryd moes gestop word met 8 minute se speeltyd oor.
Volgens Kemp sal die skade teen die einde van die week herstel word – lank voor die Bulle se eerste wedstryd in die Superrugby-reeks op 17 Maart tuis teen die Sunwolves.
The post Pirates-ondersteuners verwoes Loftus tydens wedstryd appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.