![Kaapstad gaan steun vir volgende staatsrede terug trek](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-197-150x150.png)
Die Stad Kaapstad beplan om sy steun vir die volgende staatsrede terug te
trek.
Die metro sê in ‘n verklaring die gebruik van veiligheidspersoneel tydens die staatsrede vanjaar was oormatig en onnodig.
Dit volg nadat die parlement die getal padsluitings verlede Donderdag verdubbel het en meer as 440 weermagtroepe ontplooi het.
‘n Burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, JP Smith, sê die staatsrede vereis elke jaar meer hulpbronne en die stad moes honderde metropolisiebeamptes ontplooi om die verrigtinge by te staan.
Smith sê slegs een operasionele plan waaraan die stad en polisie gewerk het, is aan hom voorgelê.
The post Kaapstad gaan steun vir volgende staatsrede terug trek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.