![Lizette Berry se saak oorgeplaas na streekhof](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-40-150x150.jpg)
Die verhoor van een van die mede-eienaars van die gewilde Mev. Styl
Bloemfontein-kompetisie, die 53-jarige Lizette Berry, is in die landdroshof in
Bloemfontein na die streekhof oorgeplaas.
Netwerk24 berig Berry word aangekla van diefstal van sowat R8 miljoen by Schoeman Maree-prokureurs in Bloemfontein, waar sy die afgelope 12 jaar as ’n senior boekhouer gewerk het.
![Lizette Berry se saak oorgeplaas na streekhof](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/gf-201-210x300.png)
Lizette Berry in die hof. Foto: Netwerk24
Landdros Inez Bezuidenhout het gelas dat sy vroeg in volgende maand in die streekhof moet verskyn.
Haar borgtog van R10 000 is ook verleng.
Die staat beweer sy het van laat in 2012 tot vroeg verlede jaar die geld in groot bedrae uit die trust-, sake- en beleggingsrekening van Schoeman Maree na haar eie bankrekenings oorgeplaas.
Berry het in haar verklaring in haar aansoek om borgtog gesê dat sy haar onskuld op die aanklagte teen haar sal kan bewys.
The post Lizette Berry se saak oorgeplaas na streekhof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.