Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

BFN INWONERS GEWAARSKU OOR HUISROOFTOGTE

$
0
0

Die polisie het Bloemfonteinse inwoners opnuut gemaan om ten volle op hul hoede te wees met huisrooftogte in die stad wat die afgelope drie weke skerp toegeneem het.

In die afgelope drie weke is ongeveer vier voorvalle aangemeld met die meeste van die misdade in Willows waar baie studente woon.

Die polisiewoordvoerder, kapt. Chaka Marope, het huiseienaars en bewoners gevra om oplettend te wees.

Volgens Marope gebeur dit meestal in die aand en oor naweke wanneer mense tuis is en slaan misdadigers gewoonlik toe wanneer mense slaap.

Rowers breek vensters en deure oop en buig diefwering om toegang tot huise te verkry en steel hoofsaaklik TV’s, skootrekenaars, kameras, selfone en enige ander elektroniese toerusting.

Die polisie het inwoners aangeraai om die volgende veiligheidsmaatreëls toe te pas:

  • Voordat jy gaan slaap, maak seker dat alle deure en vensters toe en behoorlik gesluit is;
  • Installeer ’n alarmstelsel;
  • Skaf minstens twee honde aan – een vir binne die huis en een vir buite. Navorsing het gewys dat honde ’n uitstekende afskrikmiddel is;
  • As jy nuwe goedere koop (soos ’n TV), moenie die verpakking buite weggooi nie;
  • Hou altyd ’n register met die reeksnommers van jou waardevolle elektroniese artikels, want dit kan die polisie help om jou besittings te identifiseer as dit teruggevind word;
  • Wees die oë en ore van jou bure as hulle nie tuis is nie en maak seker jy het hul kontakbesonderhede;
  • Meld verdagte individue en voertuie by jou naaste polisiekantoor aan; en
  • Moet nooit die deur oopmaak as jy nie weet wie voor die deur staan nie.

The post BFN INWONERS GEWAARSKU OOR HUISROOFTOGTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!