Pres. Jacob Zuma het geskitter in sy afwesigheid terwyl ANC-LP’s moes hoor hoe Suid-Afrika se kiesers die ANC gestraf het vir sy arrogansie by die stembus, terwyl die EFF gekasty is vir sy besluit om sy gewig agter die DA in te gooi.
Politieke partye het gister in die Nasionale Vergadering in Kaapstad op hul eerste sittingsdag ná die munisipale verkiesing deelgeneem aan ’n debat oor die uitslag.
Die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, het ruiterlik erken die verliese en terugslae wat die ANC by die stembus gely het, is self toegedien.
The post POLITIEKE PARTYE DEBAT OOR UITSLAG VAN VERKIESING appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.