![PetroSA moet veiligheidsprosedures verduidelik](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/73171877-3-150x150.jpg)
PetroSA sal nadere besonderhede oor veiligheidsprosedures by die maatskappy se aanleg op Mosselbaai tydens ’n verskyning voor die Wes-Kaapse parlement se staande komitee oor plaaslike regering moet verstrek.
Dit volg ná die ongeluk verlede Dinsdagaand by PetroSA se gas-tot-brandstofaanleg by Mosselbaai waarin twee werknemers, Sheradon Baker en Mkutukan Luvuyo, dood is.
Die twee mans is na berig word deur giftige gasse by die aanleg oorval.
The post PetroSA moet veiligheidsprosedures verduidelik appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.