![Klag volg na rassistiese Joost-foto](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/73171877-2-150x150.jpg)
Die vakbond Solidariteit het ʼn klag ingedien by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie teen Riaan Lucas wat gister, ná die afsterwe van Joost van der Westhuizen, rassistiese opmerkings oor wit mense op sy Facebook-blad gemaak het.
Lucas het in sy reaksie op die afsterwe van die legendariese Joost van der Westhuizen op sy Facebook-blad geskryf “Joost is vrek.”
ʼn Foto van ’n persoon wat baie ingenome met homself lyk en waarop die woorde: “Me when I hear a white man died” verskyn, is saam met die kommentaar geplaas.
Mense het sy Facebook-profiel op Facebook gerapporteer en sy bladsy is gisteraand geblok.
Juran van den Heever, kommunikasiebestuurder van Solidariteit, sê dit is verblydend dat Facebook die profiel kon stop, maar die persoon kan nie skotvry afkom van rassisme en disrespek nie.
Van den Heever sê dit was vir talle Suid-Afrikaners oor alle kleurgrense heen ’n groot skok om so iets te moes beleef op so ’n hartseer dag.
The post Klag volg na rassistiese Joost-foto appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.