![Samesmelting van Tlokwe, Ventersdorp munisipaliteite](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/Hof_2-38-150x150.jpg)
Die omstrede samesmelting van die Tlokwe en Ventersdorp munisipaliteite
kan tot ‘n hewige hofstryd lei.
Opposisiepartye is besig met voorbereidings om die Munisipale Afbakeningsraad se besluit om die twee munisipaliteite te laat saamsmelt, in die hof te betwis en sê daar was byna geen openbare deelname nie.
Sommige inwoners van albei munisipaliteite is teen die besluit gekant, en in Ventersdorp is munisipale geboue vroeër aan die brand gesteek.
Opposisiepartye voer ook aan dat die samesmelting die ANC bevoordeel, aangesien die party baie steun in Ventersdorp het, maar besig is om steun in Tlokwe te verloor.
Hans Jurie Moolman van die DA sê die party is besig om al sy opsies te oorweeg.
The post Samesmelting van Tlokwe, Ventersdorp munisipaliteite appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.