Die ANC en parlement ontken albei enige betrokkenheid by ‘n sogenaamde
“Speakers Ball” wat glo Donderdag ná afloop van pres. Jacob Zuma se staatsrede in een van Kaapstad se glansrykste hotelle aangebied word.
Netwerk24 berig die ANC en die parlement ontken dat enige bal-dansparty aangebied word, nadat ’n uitnodiging in die naam van Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, per SMS aan die lig gekom het.
Die dinee is glo ter viering van die kantoor van die speaker, maar die ANC en die parlement ontken albei enige betrokkenheid.
Die parlement het vroeër besnoeiings aangekondig aan die seremonies rondom Donderdag se staatsrede en gesê daar sal geen dinee of enige soortgelyke geselligheid wees ná afloop van die staatsrede nie.
Toe die kontaknommer op die uitnodiging geskakel is, het die vrou wat geantwoord het, bevestig sy reël die geleentheid, maar sy wou niks verder daaroor rep nie.
The post ANC ontken betrokkenheid by “Speakers Ball” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.