Twee verdagtes het in die landdroshof in Randburg verskyn in verband met
die rooftog by die Ferndale-tak van Eerste Nasionale Bank in Desember.
Die twee mans, werknemers van die Chubb veiligheidsmaatskappy, het blykbaar ‘n gat in die muur van die bank geboor om toegang tot die kluis te kry.
Sowat 632 sluitkissies met juwele, vuurwapens, geld en dokumente is geroof.
Die polisie het drie dae ná die rooftog 250 van die sluitkissies opgespoor.
Die Valke het die twee verdagtes Donderdag in hegtenis geneem en ook beslag gelê op ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Die verdagtes verskyn weer Maandag in die hof om aansoek te doen om borgtog.
Die Valke sê nog inhegtenisnemings kan volg.
The post 2 wagte van Chubb in hof vir rooftog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.