Twee mense is vanoggend dood in ‘n botsing tussen ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor op die N4 tussen Nelspruit en Malalane in Mpumalanga.
Volgens ‘n nooddienswoordvoerder is 14 mense ook beseer en twee van hulle is in ‘n kritieke toestand na die hospitaal geneem.
Die vragmotorbestuurder moes deur brandweermanne uit die kajuit losgesny word.
The post 2 DOOD, 14 BESEER IN MOTORONGELUK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.